Begrip van die samestelling van jou kind:
Gees: Wat sê God oor jou kind? "Ek het jou by jou naam geroep, jy is Myne."
Siel: Wil, denke, en emosies: Verstaan die belangrikheid van denke en die programmering van jou kind se brein; asook emosies en die ontwikkeling van emosionele intelligensie.
Liggaam: Gesonde oefening en prestasies.
Waaruit bestaan identiteit?
Bloudruk-programmering:
Ouers leer kinders 90% deur hul dade. Ouers programmeer hul kinders deur hul eie bloudruk wat oor jare gevorm is. Hul eie persepsies van die lewe en wat die lewe hulle geleer het, wat hulle as reg of verkeerd, goed of sleg, mooi of lelik beskou, ens. Ouers se emosionele bagasie sal 'n impak hê op die programmering van die kind se brein.
Emosionele ervarings en programmering:
Elke situasie bevat 'n ervaring, 'n persepsie en emosies. Hierdie situasies word gestoor in die onderbewuste, en die brein sal dit altyd as 'n verwysing gebruik.
Geestelike ervarings en programmering:
Tradisie (Bybel lees en gebed) versus 'n liefdesverhouding met God die Vader, Jesus Christus, en die Heilige Gees.