'n Lewens-afrigter kan jou help om die volgende te bereik:
'n Duidelike visie van jou doel en wie jy wil wees.
Identifisering en ontslae raak van jou beperkende oortuigings.
Leer om meer doeltreffend te kommunikeer.
Stel doelwitte om jou doelstellings te bereik.
Professionele groei:
Professionele groei behels die ontdek en toepas van jou persoonlike sterktes in jou professionele omgewing op 'n manier wat jou werksetiek en produktiwiteit bevorder.
Intellektuele groei:
Intellektuele groei beteken die intellektuele stimulasie van jou brein, die aanleer van nuwe vaardighede en die blywende behoefte om altyd te bly leer en verbeter as mens.
Verhoudinggroei:
Verhoudinggroei is daarop gerig om nuwe vaardighede aan te leer om jou persoonlike interaksie met ander te verryk.
Emosionele groei:
Emosionele groei behels die verstaan van emosionele intelligensie en die aanleer van hoe om dit in alle areas van jou lewe toe te pas.
Liggaamlike gesondheid:
Liggaamlike groei is daarop gerig om 'n holisties gesonde lewenstyl te lei wat jou die energie en lewenskrag sal gee wat jy nodig het om jou doelwitte te bereik.